Kayla Berry

Dorp/Stad waar jy woon:

Somerset West

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die Sarie Voorbladgesig-kompetisie, omdat ek het van n klein ouderdom opgekyk na vroue wat hulself met selfvertroue, styl en egtheid dra. My neefie se meisie het n paar jaar terug ingeskryf en vandat ek haar reis dopgehou het, het ek altyd vir myself gese dat ek dit ook eendag gaan doen. Sy het my geinspireer om ook die myself uit te daag en die geleentheid te vat. Sy het my gewys dat dit nie net oor voorkoms gaan nie, maar ook oor watse tipe mens jy is en hoe om dit met selfvertroue uit te straal en dit met trots te dra.

Ek het as n jong meisie model werk gedoen, en opgehou gedurende my hoërskool loopbaan.
Ek het nog nooit voorheen ingeskryf nie, maar ek het gevoel dat hierdie die regte tyd is vir my om iets nuuts aan te pak. Ek sien die as n geleentheid om nuwe herinneringe te maak, myself te wees en elke oomblik leer en geniet.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Kosbaar

3 woorde wat jou goed opsom:

Prakties, Doelgerig, Sosiaal

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media