Karla Benade
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Besigheidseienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het groot geword met die SARIE tydskrif in ons huis op die koffietafel. Die SARIE herinner my aan my ma, 'n baie stylvolle en dinamiese dame. Ek skryf in om deel te wees van daardie groep vrouens wat SARIE verteenwoordig. Ek is spesifiek passievol oor die volgende sin wat in die inskrywing voorkom: "Natuurlik mooi. Nee, nie soseer beeldskoon nie en nie noodwendig 'n model nie. Net 'n interessante gesig…" Vir my is 'n mooi vrou iemand wat innerlik sterk is en geklee is met eerbaarheid.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Voordehandliggend
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Liefdevol, Eerlik