Kaelyn Greyling
Dorp/Stad waar jy woon:
Weltevredenpark
Beroep:
Onderwyseres en trotse sakevrou
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit voorheen vir ’n kompetisie soos dié ingeskryf nie, maar ek het nog altyd die begeerte gehad om dit ten minste een keer te probeer. Vir die eerste keer voel dit vir my soos die regte seisoen om uit my gemaksone te tree en myself hierdie geleentheid te gun.
As ’n geskeide mamma is dit maklik om soms eerder weg te kruip uit vrees vir oordeel en kritiek, maar ek besef ook hoe belangrik dit is om weer in jouself te glo. Daarom skryf ek in; nie net vir myself nie, maar vir elke mamma, geskeide vrou en dame wat gegrond is in geloof en steeds elke dag opstaan met hoop, waardigheid en moed.
Ek wil wys dat skoonheid nie net gaan oor voorkoms nie, maar oor deursettingsvermoë, geloof, groei en die moed om weer te begin.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Kosbaar
3 woorde wat jou goed opsom:
Blommekind, Ou siel, Kanniedood
