Juanita Mc Pherson

Dorp/Stad waar jy woon:

Worcester

Beroep:

Model/ student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het gehakkel toe ek jonger was en dit het veroorsaak dat Ek n angs ontwikkel het om met ander te kommunikeer, en dat ek meer bewus begin raak het oor die manier hoe ek vir ander sou klink. Dus was ek bang om my mening te gee, want ek was kort, kort geboellie op grond van my spraak. Hierdie angs het gemaak dat ek my lewe, my waardes en my vermoëns gebaseer het op die menings en opinies van ander.

Lank genoeg het ek nie my waarde en my potensiaal raak gesien nie. Dit het my lank gevat om te besef dat ek nie hoef te bekom nie, maar dat wie ek is, meer as genoeg is. Dat die Here ons almal so uniek gemaak het, dat dit waarna ek soek alreeds binne my geplaas is. Jou waarde en potensiaal is nie iets wat jy nog na moet soek, of wat aangeleer moet word nie maar dat dit iets is wat jy reeds besit en dat dit genoeg is, dat jy genoeg is.

Ek wil almal bemoedig en herinner dat jy uniek, spesiaal, en waardevol is en dat jou storie nie nog moet begin nie, dit het reeds begin en dat jy n meesterstuk is, nes jy daar is!
Hakkel of nie hakkel nie, ek is trots op hoe ek klink

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Uniek

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Liefdevol, Mededeelsaam

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media