Joan Theunissen

Dorp/Stad waar jy woon:

BRAKPAN

Beroep:

OOGKUNDIGE/OPTOMETRIS

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Amper was hierdie van uitstel kom afstel. Ek het lank gewik en geweeg of ek hierdie jaar moet inskryf maar ek het op die laaste oomblik besluit om tog wel 'n kans te waag. Hierdie was nog altyd 'n groot droom van my toe die kompetisie jare terug begin het. Ek was net nooit op die regte plek in my lewe nie en het geen selfvertroue gehad nie maar met die Here se genade is ek die laaste 3 jaar op 'n beter plek as dit by my selfbeeld en selfvertroue kom. Ek het in myself begin glo en het selfvertroue opgebou. Ek het hard gewerk om 'n positiewe beeld uit te straal en om myself as mens innerlik en uiterlik te verbeter. Ek glo dat ek wel 'n inspirerende storie het wat moet vertel word. Al gee my lewensverhaal net een ander vrou die hoop om nooit op te gee nie en altyd op te staan as jy val. Sarie skep hierdie platform vir vrouens om ander vrouens te motiveer en te inspireer en dit sal 'n groot eer wees om deel te kan wees van Sarie Voorbladgesig 2025!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Katarsis

3 woorde wat jou goed opsom:

Ambisieus, Saggeaard, Lojaal

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media