Jessice Nelson
Dorp/Stad waar jy woon:
Bethlehem
Beroep:
Salon eienaar & Haarstillis
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit tevore ingeskryf nie .
Ek skryf in vir die Sarie voorblad omdat ek graag uit my gemaksone wil kom. Ek was nog altyd baie skaam en selfbewus oor myself, en ek voel dis tyd dat ek iets doen wat my uitdaag en my meer selfvertroue gee.
Vir my gaan dit nie net oor die voorblad nie, maar ook oor persoonlike groei en om te leer om myself meer te aanvaar soos ek is. Ek wil wys dat mens nie perfek hoef te wees om mooi en goed genoeg te wees nie.
Hierdie is vir my ’n groot stap, maar ek wil myself druk om nuwe dinge te probeer en nie meer toe te laat dat my skaamheid my terughou nie. Ek wil ook my jonger self, daai klein dogtertjie wat altyd die groot drome gehad het , trots maak en vir haar wys dat sy sterker is as wat sy dink.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Ritteltits
3 woorde wat jou goed opsom:
Ambisieus, Dinamies, Optimisties
