Jenelle Sebastian

Dorp/Stad waar jy woon:

Strand

Beroep:

Talent Acquisition Coordinator

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek is 'n groot dromer. Ek is ambisieus en passievol. Ek was nog altyd geïnspireer deur die sterk vroue wat al op die voorblad van SARIE verskyn het. Dit was vroue na wie ek opgekyk het, vroue wat my laat glo het dat gewone meisies ,soos ek, met groot drome ook hul plek kan inneem. Vandag wil ek daardie vrou wees vir iemand anders.

Ek het al voorheen ingeskryf, en alhoewel ek dit nie eers tot die Top 30 gemaak het nie, het dit my nie laat onderkry nie. Inteendeel, dit het my meer aangemoedig om weer te probeer en om in myself te bly glo.

Dit sal 'n massiewe voorreg wees om op die voorblad te verskyn en bietjie van my hart, menswees en sprankelende persoonlikheid met mense te deel. As ek net een persoon kan inspireer om groter te droom, harder in hulself te glo en nooit moed op te gee nie, sal dit vir my klaar iets besonders beteken.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Dingetjies

3 woorde wat jou goed opsom:

Sprankelend, Liefdevol, Opreg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media