Jeanré van den Berg
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek wil baie graag meer doen met my lewe en ń naam maak vir myself ,maar ek wil ook jong dames inspereer om uit hulle gemak zone uit te kom soos die vorige Sarie nuwe gesigte my geinspereer het.Ek wil ń advokaat wees vir jong meisies wat hulle drome wil bereik,maar nie genoeg in hulle self glo nie.Ek wil ander mense aanmoedig om in hulle self te glo om wonderlike goed te bereik en ek wil ń voorbeeld wees vir die mense rondom my.Ek dink deur net te probeer vir die Sarie nuwe gesig is dit ń geleentheid vir my om iets nuuts te probeer en self uit my gemak zone te kom.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker-ek dink lekker is sulke eenvoudige ,maar veelsydige Afrikaanse woord wat in enige situasie gebruik kan word.Ja dit is seker die mees algemene Afrikaanse woord ,maar ek dink dit is die eerste en belangrikste Afrikaanse woord wat meeste mense wat die taal leer, eerste leer.In my opinie as Afrikaans ń slagspreuk gehad het sou dit defnetief die woord “lekker” wees.
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Lojaal, Sielsmooi