Jana Meyer
Dorp/Stad waar jy woon:
Randburg, Johannesburg
Beroep:
Fisioterapeut
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Vrou-wees is ‘n saak van die hart en nie ‘n saak van menslike verwagtings, kultuur of reëls nie.
Om ‘n vrou te wees is om sag te wees, maar sterk terselftertyd. Vrou-wees daag die onkonvensionele uit, maar het onvoorwaardelik lief. Vrouens is leiers, geklee in krag en waardigheid. Hulle woorde bring wysheid en vriendelikheid. Hulle waarde is gevestig in God en hulle loop elke dag in geloof.
Sarie Voorbladgesig is ‘n platform waar elkeen van dié unieke aspekte van vrou-wees gevier kan word.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Klopdisselboom
3 woorde wat jou goed opsom:
Ambisieus, Doelgerig, Positief