Jadene Malherbe

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Fisio

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo die mooiste mense is dié wat ander laat mooi voel. Vir my gaan vrouwees oor baie meer as net hoe jy lyk dit gaan oor hoe jy liefhet, hoe jy ander ondersteun, hoe jy lewe met vreugde aanpak, en hoe jy lig bring waar jy gaan.

Ek is iemand wat die klein dinge vier, hard lag, opreg bly is vir ander se suksesse, en die lewe voluit wil leef. Om stylvol te wees is vir my lekker, maar om eg te wees is mooier. Ek wil deel wees van iets wat vroue herinner dat selfvertroue nie beteken jy moet perfek wees nie maar net gemaklik genoeg om jouself met TROTS te wees.

SARIE voorbladgesig voel vir my soos ’n viering van moderne vroue wat sag én sterk is, stylvol maar steeds menslik. As ek iemand anders kan inspireer om hulself meer lief te hê, groter te droom, of net meer selfvertroue te hê in wie hulle is, dan is dit reeds vir my ’n wen.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Veerkragtig

3 woorde wat jou goed opsom:

Veelsydig, Lewenslus, Aanhouer

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media