Izanne Prinsloo
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Onderwyseres
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Met Afrikaans wat hierdie jaar sy 100ste verjaarsdag vier, is dit my daaglikse missie om ons taal en kultuur met ons jongmense in my klaskamer te deel. Hierdie sal nie net vir my ‘n persoonlike eer wees nie, maar ook ‘n manier wees om die belangrikheid van Afrikaans, opvoeding en vroulike rolmodelle te vier! As Afrikaanse onderwyseres glo ek dat elke Afrikaanse meisie ‘n voorbeeld nodig het van iemand wat met trots haar taal, beroep en identiteit uitdra.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Dankbaarheid
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Stylvol, Toegewyd