Ineke Mey
Dorp/Stad waar jy woon:
Port Elizabeth
Beroep:
Welvaartbestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Vandat ek kan onthou was ek versot op skoonheid en mal daaroor om voor 'n kamera se lens te wees.
Tussen 'n professionele voltydse werk hê, vrou wees en geseënd te wees met 3 kindertjies, het ek oor die laaste paar jare stukkies van myself verloor. Die meeste daarvan toe ek die eerste keer mamma geword het en dit gevoel het of ek my drome en ambisie moet prysgee. Na my laaste babatjie, ongeveer nege maande terug, het ek die kopskuif gemaak om meer vir myself te doen.
Intussen het ek bevordering by die werk gekry, gesonder begin lewe, gewig verloor en my styl/voorkoms weer gevind. Ek kan met trots sê dat ek al die balle van 'n moderne vrou in die lug hou, terwyl ek gelukkiger as ooit is, presies weet wie ek is en die heel belangrikste, die beste mamma nóg vir my kindertjies is.
Die klein dogtertjie binne my sal so trots wees dat ek uiteindelik vir die eerste keer moed bymekaar geskraap het om dié jaar vir Sarie se Voorbladgesig in te skryf.
My wens is om vrouens, maar spesifiek nuwe mammas, te inspireer om nooit té vervreemd te raak van die klein dogtertjie binne jou nie. Jy kan waarlik al jou drome bereik!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Asemrowend
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Vriendelik, Positief
