Ina Prins
Dorp/Stad waar jy woon:
Bloemfontein
Beroep:
Dieetkundige
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
’n Sarie Voorbladgesig is meer as net ’n mooi foto; dit is ’n vrou met ’n boodskap wat ander inspireer. As dieetkundige het talle vroue met wie ek al gewerk het my diep geraak. Hulle het my gewys hoe baie vroue, deur verskillende lewensfases van puberteit tot menopouse, sukkel om goed genoeg te voel. Daarom wil ek graag die boodskap deel dat gesondheid en vrouwees nie oor straf of perfeksie gaan nie, maar oor liefde en dankbaarheid vir jou God-gegewe liggaam. Om mooi na jouself te kyk deur gebalanseerde voeding, beweging, velsorg, hare of styl, moet uit ’n plek van selfrespek en vreugde kom, nie uit skaamte, straf of negatiewe gedagtes oor jouself nie. Ek het voorheen as student ingeskryf, maar voel dat ek nou, met meer lewenservaring en die werk wat ek as dieetkundige doen, ’n sterker boodskap het om te deel.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
meisiekind
3 woorde wat jou goed opsom:
opreg, saggeaard, intelligent
