Imke Engelbrecht

Dorp/Stad waar jy woon:

Paarl

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Ek skryf in vir Sarie Nuwe Gesig met 'n nederige hart en baie entoesiasme. Ek glo elke vrou en tiener meisie het 'n unieke storie wat verdien om gehoor te word en Sarie bied die perfekte geleentheid vir my om uit my gemaksone te tree en my selfvertroue te versterk. Ek het 'n groot liefde vir skoonheid – die soort wat van buite en van binne straal. Van kleins af, toe ek as 10 jarige stil-stil my ma se grimering gesteel het, tot nou, waar ek volgende jaar my studies in Somatologie begin. Vir my is dit nie net mooi, mooier, mooiste nie. Ek glo dat ware skoonheid uit karakter en uniekheid kom en wil ek wys dat 'n nuwe gesig nie 'n perfekte gesig hoef te wees nie, maar een wat ander aanmoedig om ook hul lig te laat skyn. Dus is hierdie nie net 'n kompetisie vir my nie, maar eerder 'n reis wat ek waag en 'n droom wat ek najaag.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Mamma

3 woorde wat jou goed opsom:

Nederig, Energiek, Sportief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media