Ilse Naudé

Dorp/Stad waar jy woon:

Utrecht, KZN

Beroep:

Tuisteskepper en 'n boer se vrou.

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Op 55 leef ek vandag met ’n diep waardering vir die lewe — iets wat net deur ervaring, uitdagings en genade gevorm kan word.
Soos baie vroue het ek ook deur moeilike tye gegaan wat my gevorm en geleer het dat elke dag uit keuses bestaan. Ek het gekies om positief te bly en die mooi in die lewe raak te sien.
My geloof het my geleer om te wag, te vertrou en aan te hou hoop — selfs wanneer dinge nie altyd sin maak nie, want die Here werk op Sy eie tyd en ’n mens kan Hom nie aanjaag nie.
Ek is twee jaar gelede met ’n boer getroud en leef ’n eenvoudige, maar betekenisvolle lewe waar egtheid, dankbaarheid en deursettingsvermoë deel is van wie ek is.
Vandag is ek uiteindelik gelukkig in my eie vel. Ek kyk met sagte oë na myself en ek is dankbaar vir die vrou wat ek geword het.
Ek glo ware skoonheid lê nie in perfeksie nie, maar in ’n vrou se vermoë om weer op te staan, sag te bly in ’n harde wêreld, en met geloof vorentoe te leef.
Ek wil graag ’n Sarie Voorbladgesig 2026 wees om vir ander vroue te wys dat jou storie — maak nie saak hoe gebroke dit soms voel nie — steeds waarde het. Dat daar lig is ná donker tye, en dat jy nooit te oud is om weer te blom nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Dankbaar

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Innemend, Elegant

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media