Ianthe Froneman
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Algemene Bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wil graag 'n voorbeeld stel aan ander vrouens, dat hulle moet glo in hulle self al gaan ons soms deur diepe waters en soms voel ons ons kan nie daardeur kom nie, moet ons nie aan ons self twyfel nie. Wees eerste lief vir jouself, dit is iets wat ek baie lank gevat het om te doen, om my self te leer ken en lief te he voor ek enige iemand anders kon lief he.
Dit is my motto. Ons selfvertroue kry gewoonlik 'n knak as ons deur sekere ervarings in ons lewens gaan en hierdie inskrywing is weereens vir my 'n self vertroue oomblik… ons kan deur enige storm werk as ons geloof sterk in Jesus staan. Glo in jouself, wees lief vir jouself en aanvaar wie jy is God wil he jy moet wees, mooi en uniek soos Hy jou geskape het.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Genade
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Liefdevol, Lojaal