Hetsie van Zyl
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Boekhoudster
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek was reeds 2x een van julle finale 35,maar ek begeer met my hele hart om een van die finale 7 te wees.
In my jonger jare,het my tennis dubbelspelmaat altyd gesê : " Never say die, partner, never say die" wanneer ons aan die verloorkant was. Dan het ons met mening en nuwe energie teruggeveg en die wedstryd gewen.
Dus voel ek nou op 64, in 2026, veg ek met mening terug en gaan ek nie lê nie. Ek kan 'n wenner wees. Ek kan goed genoeg wees.
2026 is my jaar!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
snoesig
3 woorde wat jou goed opsom:
Hardwerkend, Saggeaard, Lojaal
