Hetsie van Zyl
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Boekhoudster
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het reeds vantevore ingeskryf en top 40 gekom.Ek was daardie jaar so opgewonde en meer as tevrede om net daar te wees,naamlik top 40.Nou is ek effe ouer en daar is 'n ouderdomskategorie wat die keuses darem 'n bietjie meer regverdig maak,hoewel daar steeds 'n reuse verskil tussen 49 en 63 is. Maar dis nie die punt nie.Ek voel 'n plooitjie hier en daar , is nie doodsonde nie en kan steeds mooi, vroulik en beeldskoon lyk,soos wat die vrou op SARIE se voorblad moet lyk.
Ek sien so uit daarna om te kyk wie is die vroue wat almal die waagkans geneem het om in te skryf.Dit maak my opgewonde.
En dit gee mens hoop vir SA . Soveel mooi vrouens ,Afrikaanse vrouens,wat SARIE lees en saampraat oor die nuutste modes,grimering en skoonheidswenke.
Dus skryf ek in met die hoop om raakgesien te word en ook te kan voel en weet :"Ek is genoeg,net soos wat ek is,en ongeag my ouderdom"
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
koester
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, leergierig, gelukkig