Hesmarie van der Merwe

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

Student (deeltyds: Wynsommelier)

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Hierdie is my eerste keer.

Vir my is SARIE nie net ‘n tydskrif nie, maar ‘n groot deel van my grootwordwordjare. ‘n Tradisie en ‘n stukkie Suid-Afrikaanse egtheid wat deur soveel generasies waardeer word. En dit, koester ek.

Terwyl my ouma haar koppie tee in haar tuin saam met haar gunsteling tydskrif, SARIE geniet, het ek altyd nuuskierig die blaaie bewonder en geruik. Dit was my hoogtepunt. Behalwe vir al die mooi uitrustings, was daar natuurlik vir my niks lekkerder as om ‘n nuwe boek se blaaie te ruik nie! Maar, dit is beslis nie waar dit gestop het nie. Vandag is kreatiwiteit en mode my passie. SARIE het my geleer dat mode meer is as net klere. Dit is ‘n manier om myself uit te leef. Om my kreatiwiteit uit te beeld en met selfvertroue die dag aan te pak. En ek glo. Tenspyte van jou omstandighede, maklik of moeilik, elke vrou het ‘n storie. ‘n Stukkie skoonheid wat verdien om gevier te word.

SARIE vier egtheid, styl en dieselfde waardes waarmee ek myself kan identifiseer. Vandag wil ek uit my gemaksone kom, ‘n nuwe uitdaging aangryp en inskryf as ‘n SARIE voorbladfinalis. Om egteheid en skoonheid te vier. Maar ook as ‘n geloofsprong, om my kleinself te bewys dat ek ‘n verskil kan maak.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lag

3 woorde wat jou goed opsom:

Eg, Kreatief, LIEF

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media