Helen Gelderman
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Verkoopsverteenwoordiger
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Daar is baie redes.
Die een is jonk en uitbundig, die ander ouer en bietjie hartseer.
As enkelouer het ek die droom om my drie-en-`n-halfjarige dogterjie trots op haar mamma te maak. En as dogter van “n ma met breinkanker het ek die wens om moeder gelukkig te maak, want dis sy wat die afgelope 10 jaar aan my sit om in te skryf. Die selfvertoue was net nie daar nie, nou het ek nie `n keuse nie.
My liefste moeder se diagnose het my laat besef hoe kort die lewe is. Dat mens jou drome oor more (weet nie waar die kappie is nie!) vandag moet bewaarheid. So leef voluit, leef in die oomblik en neem die waagstuk wat `n voorblad is! Want dit is my droom!
En as ek op die voorblad kom, kan my storie, hoe nederig ookal, miskien vir een leser iets beteken.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Deernis
3 woorde wat jou goed opsom:
liefdevol, innemend, positief