Heidi Coelho
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Beroep:
Entrepreneur/ Sake vrou
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wil inskryf vir SARIE se Voorbladgesig van die Jaar omdat ek glo my storie kan ander vroue inspireer om groot te droom—ongeag waar hulle in die lewe staan.
Ek is ’n besigheidseienaar wat met passie en deursettingsvermoë my drome gebou het. Ek is ook ’n IFBB Pro en ’n trotse Protea atleet—bewyse dat harde werk, dissipline en geloof in jouself werklik vrugte afwerp. Maar bo alles is ek ’n ma van twee, en dit is my grootste trots en my grootste dryfkrag.
My lewe is ’n bewys dat daar niks onmoontlik is nie. Ons word so maklik beperk deur ouderdom, omstandighede of wat ander mense dink. Maar ek glo werklik: ouderdom is net ’n nommer. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie—jy kan altyd weer begin, groei, en sukses bereik.
Vir my gaan dit alles oor “mindset” en ’n liefde vir die lewe. As jy kies om positief te bly, doelgerig te werk en jouself nie te beperk nie, is die moontlikhede eindeloos.
Ek wil vroue wys dat jy nie hoef te kies tussen ’n loopbaan, jou drome en jou familie nie—jy kan alles wees. Jy kan sterk wees, sag wees, suksesvol wees en steeds jouself bly.
Hierdie platform is vir my ’n geleentheid om ander te herinner: Jy is nooit te oud nie, nooit te laat nie, en nooit te min nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Leeflus
3 woorde wat jou goed opsom:
Hoopvol, Lewensvreugde, Positief
