Gael Collins
Dorp/Stad waar jy woon:
Groot-Brak Rivier
Beroep:
Besigheids eienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
My naam is Gael Collins, ek is 23 jaar oud en bly in Groot-Brakrivier.
Ek het van jongs af modelwerk gedoen en was al in Italië vir modelwerk, waar ek vir groot handelsmerke gewerk het. Dit het nog nooit vir my soos werk gevoel nie – dit is iets wat ek werklik liefhet.
Toe ek 16 was, het ek vir nege maande oorsee gegaan vir modelwerk. Daarna het ek teruggekom en my skool voltooi.
Ná matriek wou ek ń "gapp" jaar vat om uit te figure wat ek met my lewe wil doen. Op daardie stadium was daar ook nie finansies om te studeer nie.
Een van my vriendinne se pa’s het toe vir my geld geleen sodat ek ’n haarkursus kon doen.
Ek het intussen my eie barbershop oopgemaak toe ek 19 jaar oud was – tydens Covid. Ek het daardie tyd nie besef hoe riskant dit was nie, dit kon maklik teen my gedraai het om ’n besigheid in daardie tyd oop te maak.
Ek moes nog geld leen om die winkel te begin, maar vandag het ek al my skuld afbetaal.
Van daardie tyd af was dit net werk, werk, werk. Ek is baie geseënd met my lewe en hoe dinge uitgedraai het.
Ek het grootgeword saam met my ma en ouma, en hulle het my geleer dat daar niks belangriker is as ’n skoon hart nie – en dat net omdat jy ’n vrou is, beteken dit nie jy is nie in staat om enigiets te doen nie.
Ek is nou op ’n plek in my lewe waar ek redelik goed gedoen het vir myself, en ek het nou ’n bietjie meer tyd om te fokus op dit waarvan ek rêrig hou. Ek sal graag weer in die modelbedryf wil inkom.
Ek glo dat om op Sarie se voorblad te verskyn, vir my ’n vars, kragtige begin kan wees – sommer met ’n boom! Ek wil ook wys dat om mooi en versorg te lyk, het jy nie duisende rande nodig nie – net ’n bietjie selfdissipline en ’n gesig roompie in die aand.
Die lewe is nie maklik nie. Maar dit hoef nie jou persoonlikheid en selfsorg te breek nie. Elke vrou het haar eie storie – en elkeen is uniek op haar eie, kragtige manier.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Salig
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Spontaan, Gedrewe