Gabby Raath

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Somatoloog/ Dermal Aesthetician

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die SARIE Voorbladgesig omdat my journey vir my bewys het hoe sterk ’n vrou regtig kan wees, selfs wanneer haar eie liggaam teen haar werk.

Vir baie jare het ek gesukkel met PCOS, hormone en my gewig, waar ek letterlik op n tyd 154kg geweeg het. Daar was tye wat ek nie gemaklik in my eie liggaam gevoel het nie en waar dit gevoel het asof niks werk soos dit moet nie. Maar deur alles het ek steeds probeer mooi na myself kyk, nie net uiterlik nie, maar ook emosioneel en geestelik. Ek het geleer dat selfversorging nie beteken jy moet eers “perfek” lyk om jouself werd te voel nie.

My gewigsverlies journey het my lewe verander, maar die grootste verandering was nie net fisies nie dit was die selfvertroue, dissipline en liefde vir myself wat ek langs die pad ontdek het. Ek weet hoe dit voel om ongemaklik, onseker en vasgevang te voel in jou eie liggaam, en daarom dink ek my storie is een waarmee baie vroue kan identifiseer.

Omdat ek ook in die skoonheids- en dermale estetiese industrie werk, is dit vir my ongelooflik spesiaal om ander vroue te help om weer mooi en selfversekerd in hul eie vel te voel. Ek het ’n passie daarvoor om mense te leer oor hul vel, hul gesondheid en hoe belangrik dit is om jouself eerste te kies — nie uit oppervlakkigheid nie, maar uit selfrespek.

Ek wil graag my storie deel om vir vroue te wys dat jy steeds sag, mooi en waardig is selfs in die moeilike fases van jou lewe. En dat transformasie nie net gaan oor hoe jy lyk nie, maar oor wie jy word deur alles waardeur jy gaan.

As ek die geleentheid kry om deel te wees van SARIE se Voorbladgesig, wil ek nie net ’n “voorblad” wees nie, ek wil iemand wees waarin ander vroue hulself kan sien. 🤍

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Floreer

3 woorde wat jou goed opsom:

Ambisieus, Warmhartig, Inspirerend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media