Frané Fouché

Dorp/Stad waar jy woon:

Lichtenburg

Beroep:

Studente Onderwyser

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE omdat ek glo die mooiste soort vrou iemand is wat nie net mooi lyk nie, maar mooi leef, iemand met drome, sagte krag en n hart wat ander mense raak. As n 3de jaar onderwysstudent wat voltyds werk is ek elke dag tussen kinders, klaskamers en in die klein oomblikke van die lewe leer ek dat ware impak nie altyd in groot dinge lê nie, maar in die liefde, geduld en lig wat jy na ander bring.

Vir my gaan hierdie inskrywing oor meer as net n titel of n foto. Dit gaan oor groei. Oor die moed om jouself raak te sien en te besef dat jy nie hoef te wag vir die "perfekte" tyd om in jouself te glo nie. Ek wil wys dat n jong vrou met groot drome, n sagte hart en n hardwerkende gees ook haar plek mag inneem.

SARIE verteenwoordig vir my elegante, sterk en egte vroue, vroue wat ander inspireer sonder om voor te gee om perfek te wees. Daarom skryf ek in, om met trots myself te wees en hopelik ander vroue aan te moedig om dieselfde te doen.

Ek het nog nie voorheen vir SARIE ingeskryf nie, alhoewel ek nooit gedink het dat ek dit ooit sal doen nie, maar hierdie jaar het ek besluit om die kans te vat en iets te doen waaroor ek nogaltyd wonder.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Pêrel

3 woorde wat jou goed opsom:

Lewenslustig, Sprankelend, Dromerig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media