Elzaan Smith
Dorp/Stad waar jy woon:
Sandton
Beroep:
Eiendoms Agent
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is ’n vrou wat deur harde werk en lewenslesse gevorm is.
Vir jare het ek my eie klerefabriek opgebou, waar ek die voorreg gehad het om honderde vroue, baie van hulle uit moeilike en gebroke omstandighede, ’n nuwe begin te gee. Ek het hulle nie net vaardighede geleer nie, maar ook gehelp om weer in hulself te glo. Tog, in daardie tyd van aanhou bou en gee, besef ’n mens hoe maklik jy jouself kan verloor, hoe jy so vasgevang raak in oorlewing en verantwoordelikheid dat jy jou eie stem begin stilmaak.
Vandag leef ek ’n ander ritme as professionele eiendomsagent, steeds gedrewe, maar met meer balans, meer bewustheid en meer doel. Ek het geleer dat sukses nie net lê in wat jy bou nie, maar in wie jy word terwyl jy dit bou.
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo dat die lewe nie eindig op ’n sekere ouderdom nie… dit begin weer.
Ná veertig besef ek dat daar ’n nuwe krag, ’n nuwe vryheid en ’n nuwe selfvertroue kom.
Ek wil ’n voorbeeld wees vir vroue wat moeg is, wat voel hulle het hulself iewers langs die pad verloor en om vir hulle te wys: jy kan weer begin. Jy kan weer kies. En jy kan weer jouself word, sterker as ooit tevore.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Stylvol
3 woorde wat jou goed opsom:
Ambisieuse, Kreatief, Passievol
