Ellenise May
Dorp/Stad waar jy woon:
Durban
Beroep:
Voltydse student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
My kinders is minder afhanklik van my en ek het begin oorbodig voel want my hele bestaan het om hulle gedraai en daai gevoel van jy dryf nou in jou eie bootjie het my so bietjie gevang. Ek het besef dat ek nou weer my eie mens kan wees, myself eerste kan stel en dat ek letterlik myself moet herontdek. Een van die grootste keuses wat ek gemaak het was om my studies te voltooi en behoort middel hierdie jaar te gradueer. Ek het die advertensie vir die voorblad op sosiale media gesien en besluit…waarom nie- en hier is ek. Dit is heeltemal buitekant my gemaksone so ek sal my maar gemaklik in die sone maak.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Nostalgie
3 woorde wat jou goed opsom:
stiptelik, passievol, avontuurlustig