Ellen du Toit

Dorp/Stad waar jy woon:

Malmesbury

Beroep:

B.Ed 4de jaar student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Aan die begin wou ek net inskryf om my selfvertroue op te bou en nog 'n item van my kluitklaplysie af te merk. Maar toe onthou ek: as jy ’n verskil in die wêreld wil sien, moet jy die verskil wees.

Toe ek ses jaar oud was, het ’n hond my aan my regterwang gebyt. Die litteken wat ek vandag nog dra, het deel geword van my identiteit – van my storie. Ek wil wys dat skoonheid nie in perfektheid lê nie, maar in die uniekheid van ons lewensreis, ons pyn en ons oorwinnings. As my storie net een persoon inspireer om hul eie litteken met trots te dra, dan was dit alles die moeite werd.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

sonsakkertjie

3 woorde wat jou goed opsom:

leergierig, veerkragtig, optimisties

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media