Ella van Rensburg
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Rekenmeester
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Dit is iets nuuts vir my. Geen model ondervinding nie.
Ek word 49 in Junie 2025 en noem dit my “mid-life crisis” – maar vir my beteken dit eerder ’n mid-life avontuur.
Ek is ’n rekenmeester wat hou van orde en akkuraatheid, maar ek soek ook nuwe uitdagings om my lewe interessant te maak.
Ek oefen minstens vier keer per week, saam met my man sedert 2020, en dit het ons verhouding sterker as ooit gemaak.
Ons gesonde leefstyl gee my energie en lus vir die lewe.
Tussen werk en my drie dogters kies ek om die lewe voluit te geniet, nuwe dinge te probeer en myself met trots voor te berei vir die groot 50.
Dit was nie maklik nie. My dogters is 13,19 en 20. Daar was baie uitdagings met outisme, wat darem nou onder beheer is. Dit was moeilik om balans te vind.
Ek wil wys dat gesondheid en liefde jou laat straal, ongeag ouderdom. Ook dit is nooit te laat om te begin nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
smuktassie
3 woorde wat jou goed opsom:
reguit, eerlik, regverdig
