Elana Van Der Walt
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Beroep:
Eienaar van Novalicious Haar velengings
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir die Sarie Voorbladgesig, nie omdat ek glo ek is perfek nie, maar omdat ek glo in kanse neem,selfs wanneer dit moeilik voel. Ek het al baie uitdagings deurgegaan, en nou staan ek in die middel van ’n egskeiding’n tyd wat my toets, maar my ook sterker maak.
Deur alles het ek geleer dat ’n vrou se krag nie lê in hoe min sy val nie, maar in hoe sy opstaan. Ek het al soveel vrouens bemoedig wat deur hul eie storms gaan, en ek wil wys dat dit moontlik is om weer op te staan, jou kroon reg te skuif, en aan te gaan,met waardigheid en hoop.
Hierdie inskrywing is vir elke vrou wat voel sy wil opgee.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Inspirasie
3 woorde wat jou goed opsom:
Eerlikheid, Toegewend, Inspirasie
