ELAINE LINTZ

Dorp/Stad waar jy woon:

KUILSRIVIER

Beroep:

Makeup and spraytan artist

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die Sarie voorbladgesig-kompetisie omdat ek op 54 uiteindelik voel dat ek my ware self gevind het. As n derde kind van vier sussies het ek nog altyd gevoel soos die “lelike eendjie”, en dit het my jare geneem om te besef dat ek genoeg is – net soos ek is. Dit is waarskynlik waarom ek ’n grimeerkunstenaar geword het: om ander mense te help om hul eie mooi te sien, selfs wanneer hulle self daaraan twyfel. My selfbeeld was nog altyd ’n reis, maar toe ek 50 word, het ek besluit dis tyd om myself eerste te stel en die beste weergawe van my eie lewe te leef. Ek het ’n tatoeëermerk op my voorarm gekry wat sê I am enough – my daaglikse herinnering aan my waarde. Nou, op 54, voel ek sterker, rustiger en beter as ooit. Ek het besluit menopouse is nie die begin van die einde nie, maar die begin van die beste hoofstuk van my lewe. Ek is "unstoppable", en ek hoop om met hierdie kompetisie ander vroue van my ouderdom te inspireer om te glo dat die 50’s nie ’n afdraande is nie – dit is net die begin van ons stralendste jare.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Ongelooflik

3 woorde wat jou goed opsom:

Dramaties, Snaaks, Uniek

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media