Eden Johnson
Dorp/Stad waar jy woon:
Beaufort Wes
Beroep:
Lektoor
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Eerstens wil ek vir SARIE bedank vir hierdie platform, waar ons as jong dames en vrouens ons uniekheid kan deel, om ‘n verskil te maak.
Vir my is ‘n voorbladgesig nie net ‘n voorbladgesig nie, dis meer as dit – dit vertel ‘n storie, dit gee ‘n boodskap. Agter elke gesig is daar ‘n individuele, unieke storie om te inspireer.
Op die ouderdom van 30, stap ek uit my gemaksone en vat ‘n kans op myself. ‘n Introvert dame wat jong dames en vrouens bewus wil maak dat hulle uniek en beeldskoon in hul eie reg is.
Ons inspirasie: ek is genoeg, jy is genoeg, ons is genoeg. . . .SARIE is genoeg.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Geloof
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Bedagsaam, Betroubaar