Dunette Neuhoff
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Beroep:
Besigheidsentrepreneur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo skoonheid kom van binne af. Dit waarmee jy jou hart vul, wys uiteindelik na buite en dit is wat ’n mens laat straal.
Ek het al uitdagings in my lewe gehad wat my baie geleer het van krag, dankbaarheid en genesing. Vandag dra ek daardie lig met trots, en ek wil graag wys dat ware skoonheid nie net oor voorkoms gaan nie, maar oor wie jy is en wat jy uitstraal.
Ek glo ook dit is ’n mooi geleentheid om ander vroue aan te moedig om hulself te waardeer, hul stories met trots te dra en te weet dat elkeen op haar eie manier mooi en 'n ware juweel is.
Nee, ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, hierdie is my eerste keer, en ek sien baie uit daarna.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sooooo
3 woorde wat jou goed opsom:
Formidabel, Stralend, Meelewend
