Desireé Thirion
Dorp/Stad waar jy woon:
Gauteng Pretoria
Beroep:
Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek was altyd in my eie klein boksie totdat ek besef het die mure is nie meer groot genoeg vir my self-ontwikkeling nie.
Lewe is te kort om nie kanse te vat nie. Ek wou nog altyd mense inspireer en motiveer om agter te kom daar is soveel wat die wêreld bied.
Die Here het ons almal individueel so anders en uniek geskape. Dis ons werk om uit te vind waarvoor ons gemaak is.
Ek hoop om lewe te ervaar en meer kanse te vat soos Sarie Voorbladgesig my toelaat om te doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Oogappel
3 woorde wat jou goed opsom:
Godvresend, Vriendelik, Kunstig