Denise Janse van Rensburg

Dorp/Stad waar jy woon:

Johannesburg

Beroep:

Raadslid in Ekurhuleni Metro

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo elke vrou dra ’n storie wat sin gee aan haar krag, uniekheid en skoonheid – en ek’s gereed om myne met trots te wys. Dis tyd dat egtheid, lewenslus en ware vrouwees voor op die blad kom.

Ons is sterk, slim én beeldskoon – en dis tyd dat die wêreld dit raaksien. Ek staan vir egtheid, invloed en vroue wat hul plek volstaan, met styl en selfvertroue.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Vonk – Dit sê soveel in een klank – lig, lewe, passie en die begin van iets besonders.

3 woorde wat jou goed opsom:

Onverskrokke, Eg, Doelgerig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media