Deniehl Booyens

Dorp/Stad waar jy woon:

Klerksdorp

Beroep:

Digitale inhoudskepper

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die SARIE Voorbladgesig omdat ek glo styl, selfvertroue en vrouwees het nie `n ouderdom of vaste "look" nie. Ek word vanjaar 40, is 'n ma van twee en ek wil wys dat vroue steeds hulself kan herontdek, droom en sigbaar wees op elke fase van hul lewe.

Ek leef en werk in die wereld van sosiale media, maar vir my gaan dit nog altyd meer oor hoe jy mense laat voel as net hoe jy lyk. Ek hou daarvan om ander vroue aan te moedig om hulself weer raak te sien, meer selfvertroue te he en hul eie styl met trots te dra.

Nee, ek het nog nie voorheen vir SARIE Voorbladgesig ingeskryf nie. Hierdie is vir my soos `n groot opwindende stap uit my gemaksone.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lekker – dis so eenvoudig maar kan gebruik word om soveel ander dinge te beskryf

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Goedhartig, Dinamies

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media