Deirdre Caine-Van Staden
Dorp/Stad waar jy woon:
Johannesburg
Beroep:
Bemarker
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek glo elke vrou het ’n storie.
In 2020 het ek my werk verloor weens Covid en dit het my tussen die oë geslaan. My eerste gedagte was, wat nou? Hoe gaan ek help om na my gesin om te sien, wat is nou my doel? Vir 9 jaar was ek 'n Bemarkings Bestuurder het opgestaan werk toe gegaan aan strategië gewerk en groot bemarkings veldtogte gedoen en die vrugte gepluk om te sien hoe jy 'n sukses van iets maak.
Ek het aansoek gedoen vir verskillende poste maar niks. Ek het begin om in 'n gat te val en vrae te vra van is ek goed genoeg want niemand wil my hê nie. Na 'n lang gesprek met my man het ons saam besluit dat ek 'n nuwe hoofstuk gaan betree en dit is om 'n mamma te wees vir my 2 pragtige kinders. Dit het my 2 jaar geneem om aan hierdie nuwe leefstyl gewoond te raak. Eers was ek werklik nie gelukkig nie want wat was eintlik nou my doel?
Ek het baie lank hieroor gebid en vir die Here gevra wat is die plan. In hierdie tyd het ek besluit om 'n klein besigheid te begin waar ek kontrak werk doen vir kliente wat nie voltydse bemarkings bestuurders kan aanstel nie en ook my vaardighede begin verbreed deur myself te leer hoe om grafiese ontwerp te doen op Canva. Vandag kan ek met trots sê dat ek 3 wonderlike kliënte het wat ek 'n diens aan verskaf.
So wat was my doel, wel dit was om tyd saam met my wonderlike kinders te spandeer en hulle te help met skoolwerk, take, huiswerk en toesprake. Ek is daar om te sien hoe hulle ontwikkel in wonderlike jong mense en kan elke hokkie, tennis of perd ry kompetisie bywoon. So hierdie was my doel gewees, om 'n MAMMA te wees maar terselfde tyd te doen wat ek geniet.
Ek wil graag vir elke vrou daar buite wat teneergedruk voel en hulpeloos voel sê ons almal het 'n storie en jy en God is in beheer van jou toekoms. Die lewe gooi vir jou 'n "curve ball", maar dit is hoe jy dit hanteer. Of jy gaan sit in 'n hoek of jy staan op vee die trane af en kyk na die positiewe en fokus op nou en wat jy nou gaan doen en nie op wat as nie.
Ek het besluit om my leefstyl te verander en het begin boks, draf en gaan perd ry, iets is wat ek nog altyd wou doen. Maar ek sou nie deur hierdie moeilike tyd gekom het as dit nie was vir my man, my familie en kosbare vriendinne se ondersteuning nie.
So vandag skryf ek as 'n bewys dat JY met die regte gesindheid en ondersteuning enige iets wat negatief is kan neem en dit in 'n postiewe omskakel deur net te glo in jouself en in Hom.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sagkens
3 woorde wat jou goed opsom:
Gedrewe, Liefdevol, Vriendlik