Dawn Arendse
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Beroep:
Besigheidseienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Op 53 glo ek sterker as ooit dat ware skoonheid nie deur ouderdom bepaal word nie, maar deur karakter en die moed om steeds jou plek in die wêreld op te eis. Elke vrou verdien om gesien, gehoor en gevier te word ongeag haar ouderdom. Hierdie kompetisie gee vir my die geleentheid om te wys dat selfvertroue en elegansie nie verval met jare nie, maar juis verdiep en ons is nou selfs meer relevant as toe ons jonk was.
Dit is my tweede keer wat ek inskryf, en dit alleen sê iets oor wie ek is: iemand wat nie opgee nie, iemand wat aanhou glo in haar stem en haar doel. Ek wil ’n voorbeeld wees vir vroue van alle generasies — veral vir dié wat voel die samelewing plaas ’n vervaldatum op hul drome. Ek glo ouderdom is nie ’n beperking nie; dit is ’n bewys van oorlewing, groei en krag. Ek will bou aan 'n "sisterhood" wat die grense van ouderdom, kleur en ras oorskry.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Onverskrokke
3 woorde wat jou goed opsom:
Stylvol, Energiek, Passievol
