Danielle du Plessis

Dorp/Stad waar jy woon:

Bethlehem

Beroep:

Radio Aanbieder & Bemarker

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nog nooit voorheen ingeskryf nie…
Ek is so gewoond daaraan om die stem agter die storie, die besigheid of die program te wees. Sarie Voorbladgesig het voor my opgeduik as ’n splinternuwe geleentheid om myself op ’n ander vlak uit te daag. Hierdie keer nie net om die stem te wees waarvoor ek lief is en waarvoor ek staan nie, maar ook die gesig.

My reis met radio het heel onverwags begin, maar dit het my geleer wat die impak van ’n liefde vir mense werklik kan wees. Daarom glo ek dat hierdie onverwagse inskrywing dieselfde kan doen , net op ’n ander platform en op ’n nuwe manier.

Ek is ’n entertainer in murg en been. Ek deel nie net my glimlag nie. Ek deel my egtheid, warmte en windverwaaid lekkerte. Ek is die tipe mens wat saam met jou kan koffie drink asof ons al jare vriende is. Ek geniet dit om ander goed te laat voel, om vreugde te bring en mense met my teenwoordigheid te laat onthou hoe waardevol hulle is.

Vir my is Sarie Voorbladgesig meer as net ’n mooi glimlag op die tydskrifvoorblad. Dit is ’n geleentheid om vroue te inspireer, om lig en vreugde te bring. Ek wil ander wys dat jy nooit te bang moet wees om iets buite jou gemaksone aan te pak nie. Ek glo ek sal nie net die voorblad mooi maak nie , maar lesers se dag maak wanneer hulle daardie uitgawe koop.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lekker – dit sê so lekkerrrr

3 woorde wat jou goed opsom:

Optimisties, Vriendelik, Saggeaard

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media