Danieke Bosch
Dorp/Stad waar jy woon:
Calitzdorp
Beroep:
Kleinhandel
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is grootgemaak in ‘n huis waar my Ma altyd ‘n SARIE tydskrif langs haar bed gehad het. Saans het ek as klein dogtertjie deur geblaai en na al die mooi prentjies gekyk. Ek dink elke jaar, dat die jaar, die jaar is wat ek gaan inskryf- en so gebeur dit net nie – maar hier is ons nou!
SARIE is vir my ‘n definisie van skoonheid in alle vorms. Daar is nie ‘n spesifieke boksie waarin mens moet pas nie en elke persoon is uniek op hul eie manier.
SARIE is elegant en modieus en het nog altyd ‘n platform gebied waarna ‘n vrou kan opkyk.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Eksoties
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Nederig, Saggeaard