Danica Roux
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Beroep:
Student by Michelangelo
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf vir die SARIE Voorbladgesig 2026 in omdat ek glo dat ware skoonheid begin by hoe jy ander mense laat voel. My passie is om mense mooi, goed genoeg en selfversekerd oor hulself te laat voel. Ek wil hê elke persoon moet besef dat daar nie net een definisie van “perfek” is nie — elke mens is uniek en mooi op sy eie manier.
Hierdie kompetisie is beslis buite my gemaksone, maar ek glo groei gebeur wanneer jy nuwe geleenthede aangryp. Ek hou daarvan om voor die kamera te wees, foto’s te neem en myself kreatief uit te druk deur mode en styl. Ek geniet dit om mooi aan te trek en goed na myself te kyk, nie net vir voorkoms nie, maar omdat dit selfvertroue bou.
Ek het verlede jaar matriek voltooi en voel dat hierdie die perfekte tyd in my lewe is om nuwe geleenthede aan te gryp en myself uit te daag. Ek glo jy moet die kanse gebruik terwyl jy dit het — mens weet nooit waar dit jou kan neem nie.
(Nee, ek het nog nie voorheen ingeskryf nie.)
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Dankie
3 woorde wat jou goed opsom:
Positief, Vriendelik, Avontuurlustig
