Cynell Jansen van Rensburg

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig omdat ek voel elke vrou het ’n storie wat saak maak. My lewe was nie altyd maklik nie — ek is ’n student wat deur baie hartseer en uitdagings gegaan het — maar ek staan steeds op, elke dag vir my doel in die events wêreld.

Ek wil wys dat skoonheid nie net gaan oor hoe jy lyk nie, maar oor wie jy is wanneer die lewe moeilik raak. Dat jy steeds sag kan bly, steeds kan glimlag en steeds kan droom, al het jy deur storms gegaan.

Vir my gaan hierdie kompetisie oor meer as net ’n foto op ’n voorblad. Dit gaan oor hoop, moed en om ander vroue te inspireer om hulself weer raak te sien — nie net vir hul uiterlike nie, maar vir hul hart, hul krag en hul storie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Hartsmens

3 woorde wat jou goed opsom:

Opreg, Liefdevol, Sag

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media