Corli Bekker

Dorp/Stad waar jy woon:

Gqeberha

Beroep:

Veearts Tegnikus

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nooit in my wildste drome gedink ek sal ooit vir so iets inskryf nie. Ek is nog altyd mal daaroor om na die inskrywings te kyk. Vir die Voorbladgesig asook die Matriekafskeidrok van die jaar. Ek hou daarvan om die mooi in vrouens raak te sien en te waardeer. So ek het vanaand (17 Mei, 22:00) myself, soos baie kere tevore, op die Voorbladgesig webtuiste bevind besig om vir myself te dink-sê hoe pragtig vrouens se gesigte is. Ek het gewonder hoe die keuse ooit gemaak kan word, wat my laat ondersoek instel het. En hier kom die rou en eerlike waarheid, nie die mooi "wat wil hulle hoor?" antwoord nie: Ons almal het iets aan ons voorkoms wat ons wens ons kon verander, sommige mense verander hulle voorkoms wel, maar nie almal is so bevoorreg nie. So toe ek nuuskurig raak en op die webtuiste gaan soek na die "waarna kyk ons?" deel van die kompetisie se advertensie, het my moed en my siel en die klein bietjie selfvertroue wat ek het alles vir ñ oomblik tot op die vloer geval. Want een van die woorde wat in donker letters verskyn was "mooi tande." Ek was nog altyd selfbewus oor my tande, en ja, dit kon erger wees as ñ skewe tand hier en daar, maar ek het nog altyd gehoop dis iets wat ek nog eendag sal kan verander aan my voorkoms. En toe het SARIE net daar, in daai oomblik, elke stem van kritiek en verwyt in my gedagtes vir my bevestig. (Ek het gesê my antwoord is rou en eerlik…) Maar SARIE het ook in die splitsekondes na dit vir my die grootste guns gedoen. Want die rooi skynsel in my hare het dadellik deur gekom en iets in my laat vlam vat. Wat eers seer was het verander in kwaad en toe verander in motivering. Ek was gemotiveerd om myself te druk, uit my gemaksone uit, en nie na die stemme in my kop te luister nie. Ek gaan nie meer na die stemme luister nie. Niemand van ons moet nie. So, selfs al kry ek dalk eendag genoeg gespaar om my tande te laat verander, wat ek dan steeds sal doen, gaan ek altyd kan terug dink en weet dat geen stem (nie my eie of die van die wêreld) my kan oortuig wat skoonheid is en hoe dit veronderstel is om te lyk nie. Daar is so baie ander wat wens om te kan hê wat ek het… ñ Glimlag vol tande, of hulle nou volgens my skeef is of nie. So, van die os op die jas… Ek skryf in omdat SARIE my vanaand weer herinner het dat skoonheid duisende vorms het. My definisie van "mooi tande" of "mooi hare" of watookal is dalk baie meer krities as wat hulle s'n is. Of dalk nie. Maar dis ook oukei.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Maanhare

3 woorde wat jou goed opsom:

Eerlik, Eenvoudig, Kompleks

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media