Corin de Waal

Dorp/Stad waar jy woon:

Moorreesburg

Beroep:

Kandidaat Prokureur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

SARIE vorm al van kleintyd af deel van my lewe. Eindelose tydskrifte in ons huis en honderde kere wat ek daardeur geblaai het om prentjies vir skooltake uit te knip. My ma en pa het selfs in 1997 vir SARIE se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie ingeskryf — en gewen!

Ek is lief vir ons taal. Lief daarvoor om Afrikaans te wees en lief vir die ikone en stories wat daarmee gepaard gaan. Toe ek die SARIE Voorbladgesig-advertensie sien, het ek aanvanklik gedink dit is nie vir iemand soos ek nie — maar dit is juis die punt. SARIE is vir almal. Dit skep ’n platform waar vroue van enige agtergrond gesien, gehoor en gevier kan word.

Jy hoef nooit in hierdie lewe terug te staan vir enige iets nie. Elke mens het unieke eienskappe wat hulle besonders maak en elkeen vertel sy eie storie. Ek skryf in omdat ek myself in ’n nuwe area van my lewe wil uitdaag en uitleef. In my tyd op aarde het ek geleer dat ’n mens tot soveel meer in staat is as wat jy dink — en dat daar ’n plan vir ons almal se lewens is.

Dit is my eerste keer wat ek inskryf.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Sjoe – ek sê dit elke dag.

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Warmhartig, Ambisieus

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media