Colleen Swart
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Mede Besigheidseienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is ñ entoesiastiese Sarie tydskrif aanhanger !Ek is 57jaar oud en my ma en baie ander mense het my aangespoor om in te skryf nou al vir baie jare, maar ek dien dit vir myself!
Ek het besluit om ñ kans te vat aangesien tyd uithardloop.
Ek sal met trots die kroon dra en my uitstekend van my taak kwyt indien ek wel bo verwagting as wenner wegstap.
Ek sien myself as mentor vir baie dames en het self ñ span dames wat vir my werk.
Ek beywer my om vroue te bemagtig, te verbeter en op te hef.
Ek beskou dit as ñ geleentheid om ñ ongelooflike platform te hê om my taak as mentor en vroue- bemagtiger na die volgende vlak te kan neem.
Ek lees al vir baie jare getrou die Sarie tydskrif en geniet al die opbouende verhale van gewone vroue wat uitgestyg het en ook verhale van sterk vrou wat moeilike omstandighede oorleef het en wat lopende getuienisse is dat wonderwerke steeds daagliks gebeur.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Gedrewe, Onbaatsugtig
