Chiara Sutherland

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Finalejaar regstudent aan die Universiteit van Pretoria

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

"Wie nie waag nie, wen nie" is iets waarin ek nog altyd sterk geglo het, en dit is presies hoekom ek besluit het om vir die SARIE Voorbladgesig in te skryf.

Hierdie is my eerste keer wat ek iets soos hierdie aanpak, maar ek glo mens gaan nooit weet waartoe jy in staat is totdat jy jouself daar buite sit en net probeer nie. Ek geniet dit om nuwe dinge te ervaar en myself uit te daag, al voel dit soms intimiderend. Vir my gaan hierdie inskrywing oor baie meer as net n foto, dit gaan oor selfvertroue, nuwe ervarings en die moed om geleenthde aan te gryp eerder as om eendag terug te kyk en te wonder "wat as?".

Ek glo mens leer eers regtig wie jy is wanneer jy buite jou gemaksone tree.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Deernis

3 woorde wat jou goed opsom:

Empaties, Avontuurlustig, Entoesiasties

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media