Chenél Grundling
Dorp/Stad waar jy woon:
Groblersdal
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Twaalf jaar gelede was daar 'n rabadoe dogtertjie wat die tuin verken het in haar plastiek prinses hakskoentjies, in een van mamma se rokke wat op die grond sleep, feetjie vlerkies aan, erdwurms in die een hand en 'n tydskrif in die ander. Reg om vir die honde te vertel van die mooi tannies wat ek op die voorblad sien. Daardie dogtertjie het haarself belowe dat as sy eendag die geleentheid kan kry om ook soos daardie tannies op 'n voorblad te verskyn sal sy dit aangryp. En hier is ek nou, twaalf jaar later, besig met my inskrywing vir Sarie Nuwe Gesig 2026. Ek skryf nie net in omdat dit 'n Voorblad kompetisie is nie, maar om daardie dogtertjie se drome na te jaag. Hierdie is vir my 'n eerste en hopenlik nie 'n laaste. Dit dien vir my as n geleentheid om my feetjie vlerke van twaalf jaar gelede te sprei en nuwe waters te toets. Dan kom die groot vraag: Hoekom Sarie Tydskrif? Sarie het vir my 'n spesiale beskeie manier wat hulle mode voorstel, wat die unieke mooi in vrouens opbou. Dit is hoekom Sarie Tydskrif vir my so uitstaan.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Skaterlag
3 woorde wat jou goed opsom:
Ambisieus, Borrelend, Sielvol
