Charlize Smit
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Somatoloog
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig omdat ek glo ek is die moeite werd. Met my lengte en bos krulle wil ek vir elke vrou wys dat dit okay is om soms uit plek uit te voel, ons almal voel so partykeer. Tog is elke vrou mooi en uniek net soos sy is.
Ek is lief daarvoor om n vrou te wees, en as somatoloog het ek die voorreg om elke dag vroue te help om mooi, sterk en selfversekerd re voel oor haarself.
Ek doen dit ook vir my ouma, wat die grootste vertroue en trots in haar kleindogter het. Haar geloof in my inspireer my om altyd myself te wees en ander vroue ook aan te moedig om dieselfde re doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Padkos
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Opwindend, Dagdroomer
