Charlize Odendaal

Dorp/Stad waar jy woon:

Bloubergstrand

Beroep:

Borgskapspesialis & TV vervaardiger

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Die vroue van ons land is eenvoudig pragtig. Oor die afgelope paar jaar is my beroep gebou daarom om ander vroue se stories te help vertel, en deur die reis het ek my eie mooi storie om nou te kan deel en uitstraal. Ek wil ander dames inspireer, motiveer en ondersteun om hul lig te omhels, om hul storie te deel en om werklike geluk en gesondheid te vind. Sarie was nog altyd my "groot sussie," en deur om in media en TV te werk, het ek ’n diep liefde vir die voorblad ontwikkel. Dit sal my eer wees om dit wat ek die heel meeste in die wêreld geniet, om vroue se stories te vertel en om voor die kamera te wees, saam met Sarie te kan doen. Dit is my eerste inskrywing, na my 3-jaar holistiese transformasie is ek ongelooflik opgewonde om te kan inskryf.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Karakter

3 woorde wat jou goed opsom:

Positief, Passievol, Vooruitstrewend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media