Charlene Johnson
Dorp/Stad waar jy woon:
Hartenbos
Beroep:
Nagraadse student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig 2025 nadat my ouma die voorstel aan my gemaak het. Ek is tans 'n nagraadse rekeningkunde student met die doel om in die toekoms as 'n CA(SA) te kwalifiseer. My lewenspaadjie was, soos die van vele ander, vol uitdagings, maar dit het my gevorm tot die persoon wie ek vandag is. Daarom glo ek dat elke struikelblok ‘n geleentheid is vir groei. As my storie een ander jong dame kan aanmoedig om in haarself te glo en haar drome na te jaag, dan sal ek definitief my inskrywing aan Sarie Voorbladgesig as ‘n sukses beskou. Soos my ouma altyd sê, “wie nie waag nie, wen nie!”
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Skoenlapper, omdat hulle transformasie van ruspes na beeldskone skoenlappers 'n bewys is van groei na uitdagings.
3 woorde wat jou goed opsom:
Empaties, Veerkragtig, Spontaan