Chantelle Muller
Dorp/Stad waar jy woon:
Kimberley
Beroep:
Onderwyseres
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit vantevore vir so iets ingeskryf nie. Maar ek het gedink dit is bietjie tyd dat ek uit my gemaksone klim en n kans vat. Ek skryf in vir die voorbladkompetisie omdat ek glo dat skoonheid nie deur ouderdom of om perfek te wees bepaal word nie, maar deur selfvertroue, wysheid en die manier waarop ’n mens jouself dra. Elke fase van die lewe bring sy eie unieke skoonheid, en mens moet ouderdom met trots omhels, want dit vertel ’n storie van groei, ervaring en karakter. Almal word ouer — dit is deel van die lewe — en daarin lê iets besonders. Ek wil ander inspireer om hul natuurlike skoonheid te waardeer en te besef dat ware skoonheid van binne af straal.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hoop
3 woorde wat jou goed opsom:
Tegemoedkomend, Liefdevol, Deursettingsvermoë
